Oktober: dis nie net borskanker nie, servikale kanker is ook belangrik

Oktober is wel bekend as Borskanker-bewustheidsmaand maar, volgens die Namibiese Kankervereniging is dit ook belangrik dat vroue ondersoek instel na die moontlikheid van servikale kanker wat op sy beurt, ook ‘n baie groot uitdaging in Namibië is. Rolf Hansen, die hoof van die kankervereniging het sy boodskap so aan Namibiese vroue verwoord.