Chamisa se konvooi met klippe bestook

‘n Konvooi van die Nelson Chamisa, die leier van die amptelike opposisie in Zimbabwe, die MDC is met klippe bestook, vermoedelik deur ondersteuners van Zanu-PF. Van Chamisa se personeel is beseer en die voertuie is verwoes. Volgens berigte het ongeveer 200 ondersteuners van Zanu-PF, Chamisa se roete versper toe hy op besoek was na die Masvingo-streek. Chamisa se adjunk, Tendai Biti het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê wet en orde val uitmekaar uit en hulle het nie die voordele van Namibiese opposisiepartye nie.