Kinderadvokaat sê misdadigers se name moet op register geplaas word

Die kinderadvokaat in die ombudsman se kantoor het gereageer op die 42-jarige maatskaplike werker, Markus Nairenge Kaundu, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 16-jarige meisie verkrag en swanger gemaak het. Die meisie is aan hom toevertrou vir berading nadat sy op 14 ook verkrag is en swanger geraak het. Kaundu is op borgtog van 5 000 Namibiese dollar in die rondgaande hof op Kahenge vrygelaat. Die meisie se voog het nie beswaar aangeteken toe borgtog toegestaan is nie. Kaundu se saak is deur landdros Barry Mufana tot 12 Januarie uitgestel. Ingrid Husselmann sê oortreders se name moet op ‘n register geplaas word om kinders te beskerm.

2 thoughts on “Kinderadvokaat sê misdadigers se name moet op register geplaas word

Comments are closed.