Dit blyk of Pelosi-aanval nie bloot ‘n inbraak was nie

Meer inligting is bekend oor die aanval op Paul Pelosi, die man van Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse Huis. Dit wil voorkom asof die aanvaller, wat geïdentifiseer is as David DePape, op soek was na Nancy. Die 82-jarige Paul is met ‘n hamer aangeval en is ernstig beseer. Hy is kort daarna geopereer en sterk goed aan. Daar word berig DePape het herhaaldelik gevra waar Nancy is. President Joe Biden het die aanval as afskuwelik beskryf.