DA: Sluiting van 130 poskantore in SA het groot impak op welsyntoelae

Die DA sê die sluiting van 130 poskantore in Suid-Afrika sal ‘n groot invloed hê op die verspreiding van welsynstoelae. ‘n DA-parlementslid, Bridget Masondo, doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid om planne te verskaf oor hoe hy die ononderbroke betaling van toelaes sal verseker weens die moontlike nadelige gevolge van die sluitings en skade aan infrastruktuur tydens die onluste.