Japanse ‘Swart Weduwee’ op pad galg toe

‘n Vier-en-sewentigjarige Japanese reeksmoordenaar is op pad galg toe nadat sy haar finale appèlaansoek teen haar doodstraf verloor het. Chisako Kakehi, wat die Swart Weduwee gedoop is, is in 2017 skuldig bevind aan die moord op drie van haar lewensmaats en poging tot moord op ‘n vierde. Daar is bevind sy het miljoene uit haar slagoffers gemaak deur middel van versekering-uitbetalings en erfgeld. Die slagoffers sluit ‘n eggenoot en twee minnaars in, maar Kakehi is nie aangekla van die dood van haar drie ander mans nie.