Delta: ons sal Vrydag weet of hy hier is

Terwyl daar kommer regoor die wêreld is oor die Delta-variant van Covid, wat tot 60 persent meer aansteeklik is as die oorspronklike vorm van die virus, sal Namibië volgens berigte eers teen Vrydag weet of dit wel plaaslik teenwoordig is. Die Universiteit van Namibië doen op die oomblik die nodige toetse. Intussen het die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie Ben Nangombe bevestig dat tot en met einde April is Delta nie plaaslik opgemerk nie. Delta is op die oomblik die dominante variant in Suid-Afrika en het Beta, wat van die buurland afkomstig is, oorgeneem. Beta is in Februarie in Namibië bevestig met 60 persent van die Covid-gevalle in daardie maand wat Beta was.