Japan skenk N$3,4 miljoen aan gemeenskapstuin in Kavango-Wes

Die Diworoka Ruhepo-gemeenskapstuin in die Marema-nedersetting van die Kavango-Wes-streek het landbou-insette en gereedskap ter waarde van 3,4 miljoen Namibiese dollar van die regering van Japan ontvang. Die streeksgoewerneur van Kavango-Wes, Sirkka Ausiku, sê dit is deel van die noodreaksie en om lewensbestaan en voedselsekerheid in spinkaan-geteisterde streke van Namibië te verbeter. Ausiku sê dié streek word deur armoede en ‘n hoë werkloosheidsyfer geteister, daarom het die gemeenskapstuin werk vir baie jeugdiges geskep. Die Kavango-Wes-streek het die hoogste voorkoms van multidimensionele armoede in die land teen 79,6 persent en jeugwerkloosheid staan op 46,6 persent.