Eskom mag nie 2 munisipaliteite se krag weens wanbetaling afsny

Die Konstitusionele Hof in die buurland het beslis Eskom het fouteer deur sy grootmaat elektrisiteits-toevoer te verminder na twee munisipaliteite wat hom baie geld skuld. Die hoogste hof het bevind Eskom het nie met inwoners van die Ngwathe-munisipaliteit in die Vrystaat en Lekwa-munisipaliteit in Mpumalanga gekonsulteer voordat hy besluit het om die grootmaat elektrisiteit wat hulle kry, te rantsoeneer nie. Die hof het bevind Eskom het inbreuk gemaak op die regte van die inwoners van die munisipaliteite wat die kragvoorsiener gesamentlik meer as een miljard Suid-Afrikaanse rand skuld. Inwoners word aan tien-uur-lange kragonderbrekings per dag onderwerp.