Rugby: Stormers klop Bulle

Rugby: Die Stormers het in die Noord/Suid-derby in die Verenigde Rugby-kampioenskap in Kaapstad geseëvier. Die tuisspan het die Bulle met 37-27 geklop nadat die rustydtelling 13-elk was. Albei spanne het drie drieë gedruk maar Manie Libbok het weer met sy skopskoen die verskil vir die Stormers gemaak, deur drie doelskoppe en drie strafskoppe suksesvol deur die pale te stuur. Die Haaie het vroeër die Leeus met 37-10 in Durban geklop, met Makazole Mapimpi wat twee van die Haaie se vyf drieë gedruk het. Die Haaie het ook albei verlede seisoen se twee kragmetings teen die span van Johannesburg gewen.