Japanse man steek homself aan die brand oor oudpremier se staatsbegrafnis

‘n Man het homself vandag in Japan, oënskynlik uit protes teen die regering se besluit om ‘n staatsbegrafnis vir die vermoorde oudpremier Shinzo Abe te hou, aan die brand gesteek. Die voorval was naby die premierskantoor en die man wat brandwonde oor sy hele lyf opgedoen het, is na ‘n hospitaal geneem. ‘n Polisieman wat die vlamme geblus het, is ook beseer. Plaaslike media berig dat die man van in sy 70’s bewusteloos was, maar later aan die polisie gesê het dat hy doelbewus olie oor homself uitgenooi het.