Planne om Wes-Kaapse matrikulante tydens beurtkrag by te staan

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, sê sy departement stel tans planne in werking om matrieks by te staan tydens beurtkrag. Hy sê die voortdurende kragonderbrekings wek kommer by leerders. Maynier sê sy departement sal alles in hul vermoë doen om te keer dat beurtkrag die integriteit van die matriekeksamen in die provinsie in gevaar stel.