Fishrot-lot verskyn vlugtig in die hof

Die Fishrot-saak het vlugtig voor regter Kobus Miller in die hoërhof voorgekom. ‘n Voorverhoor-sessie is gehou vir saakbestuur. Al tien beskuldigdes was teenwoordig. Die groep is sedert November 2019 in aanhouding behalwe Ricardo Gustavo wat borg bekom het. Die toestaan van borg aan hom word deur die aanklaer-generaal in die hooggeregshof geappelleer en daardie saak kom op 14 November voor. Intussen sal Gustavo en Bernhardt Esau appelleer teen Miller wat weier om van die saak te onttrek. Die twee het in Julie vanjaar gesê hulle sal die appèl bring maar daar is nog nie ‘n datum vasgestel nie. Miller het verrigtinge vandag tot 19 Oktober uitgestel.