Kenner sê oor Mabuza se voorneme om te bedank

‘n Politieke kenner gee sy mening oor die voorneme van bedanking van die Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza. Hy het President Cyril Ramaphosa in kennis gestel dat hy uit die pos gaan bedank. Mabuza se kantoor het bevestig dat hy glo dit is belangrik om party-leierskaprolle in lyn te bring met regerings-verantwoordelikhede. ‘n Politieke analis in die buurland, dr. Charles Sinkala, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Mabuza se bedanking sal die weg baan vir die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, om hom in die Uniegebou te vervang.