Japan is gelyk aan tegnologie… toe nie

Japan het oorlog verklaar teen rekenaar-slapskywe en ander verouderde tegnologie. Die land se minister van digitale sake, Taro Kono, het die opdatering van bestaande regulasies aangekondig sodat burgers slegs aanlyn dienste kan gebruik. Hy sê sy regering hoop ook om die gebruik van ander outydse tegnologiese toerusting uit te skakel en van faksmasjiene ontslae te raak. Kono sê daar is tans sowat 1 900 regeringsprosedures wat die sakegemeenskap dwing om ou bergingsmediums soos slapskywe en CD’s te gebruik.