Een Miljoen Storieboeke vandag in SA bekend gestel

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys, en die Samewerkingstrust vir Nasionale Opvoeding, stel vandag die projek Een Miljoen Storieboeke bekend. Die bekendstelling is in Mpumalanga. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die projek beoog om verhale van hoë gehalte in Afrikatale vir die grondslagfase te verskaf: