Jantjies gaan ‘rehab’ toe

Die beleërde Springbok-losskakel Elton Jantjies het hom glo by ‘n dwelmrehabilitasiesentrum ingeboek. Volgens sy sosiale media is dit in ‘n poging om as ‘n beter man en speler na die veld terug te keer. Jantjies is verlede maand van Argentinië af huis toe gestuur nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ‘n verhouding met die spandieetkundige Zeenat Simjee gehad het en sal ook nie in November saam met die Bokke deur Europa toer nie. Die 32-jarige sê hy “verstaan en ondersteun” die besluit om hom nie te kies nie. Na wat berig word het hy, terwyl hy in ‘n gastehuis saam met Simjee in Mbombela gebly het voor die Bok-toets teen die All Blacks in Augustus, dwelms aan ‘n kelner aangebied. Hy word blykbaar by die Harmony-kliniek in Houtbaai  behandel vir dwelmverslawing.