As brandstof weer styg, sal iets moet gebeur – taxi-vereniging

Ekonome voorspel ‘n styging in die brandstofprys in November. Olie het in die afgelope maand met net meer as 7 persent gestyg, as gevolg van Opul se besnoeiings wat in November in werking tree. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus en Taxi-vereniging Pendapala Nakathingo sê daar sal moet ingetree word. Taxi’s het nog geen verhoging ontvang sedert die branstofprys begin styg het nie.