Jandré vra om verskoning

Die moordverhoor van Jandré Dippenaar is op die oomblik aan die gang in die Swakopmund-streekshof. Dippenaar is besig met sy getuienis. Hy het aan landdros Gaynor Poulton gesê al wat hy onthou van daardie noodlottige dag op 29 Desember 2014 waar ses mense dood is, is dat hy en drie vriende op pad was vanaf Duin 7 na Hentiesbaai vir ‘n braai. Hy sê hy onthou niks van die ongeluk nie en het wakker geword in die hospitaal. Hy het ook om verskoning gevra vir wat gebeur het maar, hou vol dat hy ‘n ervare bestuurder is. Poulton het ook ’n klag van bedrog wat verband hou met Dippenaar se rybewys, laat vaar na aanleiding van ’n aansoek deur Dippenaar se regsverteenwoordiger, senior advokaat Louis Botes. Sy stem saam met Botes dat daar nie genoegsame bewyse is vir die klag nie.  Dippenaar verdedig, onder andere, ses klagte van moord.