Onteiening sonder vergoeding: VF+ wil hof toe

Die Vryheidsfront Plus sê hy is bereid om die Konstitusionele Hof te nader in ‘n poging om die Wetsontwerp op die Onteiening van Grond Sonder Vergoeding stop te sit. Al die klousules is gister met ‘n ANC-meerderheid in die parlementêre portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur aanvaar. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê hulle sal alles in die stryd werp om te keer dat die wetsontwerp as wet aanvaar word, omdat onteiening sonder vergoeding ongrondwetlik is en nie in Suid-Afrika toegelaat moet word nie: