Jan ‘Kunene’ word vermis

Daar word steeds gesoek na Jan Behr, ook bekend as Jan Kunene, nadat hy vir ses dae vermis word. Volgens Namibian Marshal Rangers, is Behr laas in die Suiderhof-woonbuurt in Windhoek gesien. Behr is bekend vir sy staptogte in die Kunene, maar het onlangs onder hewige kritiek van omgewings-organisasies deurgeloop, omdat hy glo te naby aan die woestynaangepaste olifante beweeg het. Enige iemand wat inligting het waar Behr hom bevind, skakel 081 444 3130.