Jan Alleman sê oor betaling by Duin 7

Desember is om die draai en talle besoekers aan die kus sal ‘n draai wil gaan maak by Duin 7 naby Walvisbaai om die sewende hoogste duin uit te klim, maar hulle sal hul sakke moet skud. Volgens die omgewingsministerie sal besoekers aan die gewilde toeriste-aantreklikheid vanaf Desember ’n toegangsfooi moet betaal om die geriewe skoon te hou. Kosmos 94.1 Nuus het aan Jan Alleman gevra hoe hulle daaroor voel.