COP27: Daar’s lande wat kla oor die 1,5 grade

‘n Paar lande staan die insluiting van die globale doelwit om verwarming tot 1,5 grade Celsius te beperk in die amptelike teks van die COP27-beraad, teen. Dit is volgens die Amerikaanse spesiale klimaatgesant John Kerry. Hy sê daar is ‘n paar wat die kwessie geopper het om nie hierdie woord of daardie woord te noem nie. Maar, hy voeg by dit is reeds in Glasgow by COP26 aangeneem. Wêreldregerings het in 2015 tydens ‘n VN-beraad in Frankryk ooreengekom om te probeer om die gemiddelde globale temperatuurverhoging tot 1.5 grade te beperk. Dit is bekend as die Parys-ooreenkoms en wat as ‘n deurbraak in internasionale klimaatambisie beskou is.