Guptas het onder hulle deurgeglip

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, het aan die staatskapingskommissie gesê die Parlement het nie oorsig-ondersoeke gedoen nadat berigte oor die Guptas uitgelek het nie. Ramaphosa verskyn vandag voor die kommissie in Johannesburg in sy hoedanigheid as leier van die regerende party. Hy sê die ANC het geweet die bewerings moet ondersoek word, maar het op daardie tydstip nie die vermoë gehad om dit te doen nie: