Jakkalsies floreer na vrylating

Die Suid-Afrikaanse Natuurlewesentrum in Gauteng sê sewe swartrug-jakkalse wat net minder as ‘n jaar gelede in hul sorg geplaas is nadat hulle gered is, het so goed in die natuur aangepas dat hulle intussen kleintjies gekry het. ‘n Woordvoerder van die organisasie Rhino Revolution, Phillip Viviers, sê die sewe jakkalse is gebruik om ‘n mondelikse entstof teen hondsdolheid te toets, onder die sorg van die veearts Katja Köppel. Hulle is in 2018 vrygelaat in ’n gebied in Limpopo waar alle jakkalse deur hondsdolheid uitgewis is en tans gemonitor word.