Jagersfontein het weer krag

Eskom het bevestig die grootmaat elektrisiteitstoevoer na Jagersfontein in die Vrystaat is herstel. Eskom sê in ‘n verklaring sy tegnici het ‘n transformator by die Badplaas-substasie in Jagersfontein vervang, nadat die Rietkuil-substasie Sondag vernietig is na die damwal gebars het. Volgens Eskom moet inwoners wat steeds sonder elektrisiteitstoevoer is, dit by hul diensverskaffer aanmeld.