Mensdom is op verkeerde pad met klimaat

Die Verenigde Nasies sê die mensdom “is op die verkeerde koers” oor klimaatsverandering, weens sy afhanklikheid van fossielbrandstowwe. Die VN se Wêreld-meteorologiese Organisasie en sy Omgewingsprogram waarsku rampe sal alledaags word indien die wêreldekonomie nie daarin slaag om koolstofvry te raak nie, in ooreenstemming met wat die wetenskap voorskryf oor wat nodig is om die ergste uitwerking van aardverwarming te voorkom. Hulle verwys na Pakistan se ongekende vloede en China se hittegolf wat oeste vernietig, as voorbeelde van dit wat mag voorlê.