Olie styg, maar verhoging sal beperk wees 

Oliepryse neig weer opwaarts en verhandel net bo 94 Amerikaanse dollar ‘n vat na die kommoditeit rondom 87 dollar aan die einde van verlede week verhandel het. Daar is kommer oor voorraad-tekorte voor die winter in die noordelike halfrond, sowel as rentekoerse in die VSA en Europa. Die Amerikaanse verbruikersprysindeks, of te wel, inflasiesyfers word vandag in daardie land bekend gestel. Dit blyk ook asof die kernooreenkoms met Iran nie in die nabye toekoms sal hervat word nie en dus bly daardie land se olie uit die mark uit. Maar, die goeie nuus is dat stygings sal volgens kenners steeds beperk bly as gevolg van laer vraag in China met streng Covid inperkings. China is die wêreld se tweede grootste olieverbruiker.