Jagbedryf is stil

Die privaat wild- en jagbedryf in Namibië gaan steeds gebuk onder die onsekere toestande wat deur die Covid-pandemie geskep is. Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Danene van die Westhuyzen sê dit is redelik stil op die oomblik. Dit volg na die aankondiging dat die bedryf in Suid-Afrika tussen Maart en Mei verlede jaar 4,61 miljard Suid-Afrikaanse rand verloor het weens kansellasies deur jagters en toeriste. Van der Westhuyzen het die stand van sake so opgesom.