Sporttoekenning van stapel gestuur

Die 18de Namibiese Sporttoekennings is vandag van stapel gestuur. Die toekennings vereer die prestasies van Namibiese atlete. Die sportminister Agnes Tjongarero sê die land se sportlui het uiters goed gevaar veral met uitdagings wat die pandemie na vore gebring het.