SA-uitvoere per pad neem in 2020 af

Daar was ‘n afname van 6 persent in Suid-Afrikaanse uitvoere per pad, van 253 miljard Suid-Afrikaanse rand in 2019 tot 238 miljard rand verlede jaar. Die Oorgrens-padvervoeragentskap skryf dit toe aan die invloed van die Covid-19-pandemie. Dit word genoem in ‘n verslag wat in opdrag van die agentskap saamgestel is om na paduitvoere na buurlande te kyk. Volgens die verslag het Suid-Afrika die meeste goedere, wat 46 persent beloop het, deur die Lebombo-grenspos in Mpumalanga na Mosambiek uitgevoer. Die meeste goedere wat per pad ingevoer is, was van Botswana en dit het 74 miljard rand beloop.