Bloekombome hou brandgevaar in

Gunhilde Voigts, ‘n Namibiese verteenwoordiger van GreenPeace waarsku dat Bloekombome ‘n daadwerklike brandgevaar inhou. Nie net onttrek die bome honderde liters water daagliks uit ondergrondse bronne nie, die bome bevat ook olies wat brande uiters vinnig versprei. Sy sê die uitheemse indringer spesie moet veral by diensstasies en hospitale verwyder word.