Jaco Swart vonnis is ‘n belediging

ActionSA sê die vonnis wat Jaco Swart opgelê is vir die aanranding op sy vervreemde vrou, Nicoleen, is nie voldoende nie. Hy is skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstige liggaamlike leed aan te doen. Die Pretoria-Noordse Streekhof het Swart drie-jaar tronkstraf opgelê, opgeskort vir ‘n tydperk van vyf-jaar, en ‘n boete van 20 000 Suid-Afrikaanse rand. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê die vonnis is ‘n belediging vir die miljoene Suid-Afrikaanse vroue wat geslagsgeweld ervaar het, of in vrees leef: