SA leen R7,6 miljard om Covid-entstowwe te betaal

Die Wêreldbank het ‘n lening van 7,6 miljard Namibiese dollar aan Suid-Afrika goedgekeur om om terugwerkend vir Covid-entstowwe te betaal. Die land het die meeste Covid-gevalle en sterftes op die vasteland aangeteken, met meer as 3,9 miljoen bevestigde gevalle en meer as 101 000 sterftes. Die buurland het aanvanklik gesukkel om entstowwe te bekom weens beperkte voorrade en uitgerekte onderhandelinge, maar dit is nou voldoende voorsien. Die lening sal die verkryging van 47 miljoen dosisse betaal en vorm deel van die ANC se pogings om die koste van skuld te verminder deur goedkoper finansieringsbronne te gebruik.