Angolese adjunkpresident kom môre aan

Die Angolese vise-president Bornito De Sousa Baltazar Diogo, kom môre in Namibië aan vir ‘n amptelike besoek op die uitnodiging van adjunkpresident Nangolo Mbumba. Dit sal sy eerste amptelike besoek aan Namibië wees. Volgens die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah is daar verskeie aspekte van samewerking wat onder die loep sal kom.