Jack en Claudi pas baie mooi aan

‘n Luiperd-boetie en sussie, die 18-maande-oue Jack en Claudi, is suksesvol met die hand grootgemaak en vrygelaat in ‘n reservaat in Mpumalanga. ‘n Karnivoor-spesialis by die Mpumalanga Toerisme- en Park-owerheid, Gerrie Camacho, sê natuurlewe-smokkelaars het die twee probeer verkoop nadat hulle as welpies in die veld aangetref is. Daar is op hulle beslag gelê en hulle is na die Care For Wild-gerief in die provinsie, sowel as die Nkomazi Private Wildreservaat, geneem. In die bomas kon hulle vinnig leer hoe om in die veld te oorleef: