Reaksie op NSO spioen-skandaal

‘n Reuse data-lekkasie het 50 000 telefoonnommers blootgestel as moontlike teikens van die Israelse waarnemingsmaatskappy, die NSO-groep. Dit sluit staatshoofde, aktiviste en joernaliste in. The Guardian en 16 ander media-organisasies het die ondersoek gedoen. Indien die NSO se Pegasus-spioenware ongemerk op slagoffers se telefone geïnstalleer word, gee dit die aanvaller volledige toegang tot alle boodskappe, e-posse, mikrofoon, kamera, oproepe en kontakte op die apparaat. NSO ontken enige ongerymdhede en sê die sagteware is bedoel vir gebruik teen misdadigers en terroriste. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing praat met Kosmos 94.1 Nuus.