Skaak vandag wêreldwyd herdenk

Vandag is Wêreld-skaakdag. Skaak het in die vyfde eeu in Indië ontstaan. Sowat 70 persent van die volwasse bevolking van Amerika, Brittanje, Duitsland, Rusland en Indië het op een of ander tyd in hulle lewens skaak gespeel. Die Verenigde Nasies sê hoewel die korona-virus tot gevolg gehad het dat die meeste sportsoorte en wedstryde afgeskaal moes word, het skaak merkwaardig sterk bly staan en dit is ‘n samebindende krag tydens die pandemie. Die belangstelling in skaak het die afgelope paar maande glo verdubbel.