IVP ondersteun nuwe leeu-beleid

Die Inkatha Vryheidsparty sê hy verwelkom die aanbeveling van ‘n hoëvlakpaneel dat beleid, regulatoriese maatreëls, praktyke en beleidsposisies met betrekking tot jag, handel, aanhouding in gevangenskap, bestuur en hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters hersien moet word. Die party sê hy veg sedert 2014 teen die jag van leeus wat in gevangenskap geteel is. Die kwessie word ook verwelkom deur KwaZulu-Natal se voormalige LUR vir Omgewingsake en die huidige IVP-LP, Narend Singh. Die IVP beskou die verslag as ‘n stap in die regte rigting.