IVP in KwaZulu Natal stem in om saam met ANC te werk

Die IVP het ingestem om in KwaZulu-Natal met die ANC saam te werk. Die party het voorheen geweier om as vennoot saam met die ANC te werk in munisipaliteite waar geen volstrekte meerderheid behaal is nie. Die IVP se president, Velenkosini Hlabisa, het tydens ‘n nuuskonferensie aangekondig die party het besluit om saam met die regerende party te werk om bestuur te versterk. Hy het egter beklemtoon die partye het nie ‘n koalisie gevorm nie.