Windhoek Stadspolisiehoof gee veiligheidswenke vir feesseisoen

Namibiërs berei hulself voor om tydens die feesseisoen op ‘n welverdiende vakansie te gaan. Mense gaan na al die uithoeke van die land stroom om ‘n blaaskans te neem. Dit is ook in hierdie tyd wat misdadigers hul tande slyp om by huise in te breek en te steel. Stad Windhoek se polisiehoof Abraham Kanime sê hulle sal wet en orde in die hoofstad handhaaf. Hy gee ‘n paar veiligheidswenke aan inwoners van Windhoek.