Stad Tshwane stel eerste raadsvergadering tot Dinsdag uit

Die Stad Tshwane het sy eerste raadsvergadering tot Dinsdag uitgestel. Dit was aanvanklik vir môre geskeduleer. Dit volg ná raadpleging tussen die waarnemende stadsbestuurder, Mmaseabata Mutlaneng, en lede van politieke partye wat in die raad verteenwoordig is. Die raadslede het meer tyd gevra om onderhandelinge oor ‘n moontlike koalisieregering af te handel. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die plaaslike regeringsverkiesing het nie ‘n volstrekte meerderheid in die Tshwane-metro opgelewer nie.