Harry Potter-akteur sterf in Skotland

Die Skotse akteur, Robbie Coltrane, wat die rol van Hagrid vertolk het in die Harry Potter-reeks, is in die ouderdom van 72 oorlede. Sy agent, Belinda Wright, het in ‘n verklaring bevestig hy het Vrydag in ‘n hospitaal naby Falkirk in Skotland gesterf. Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie. Die bekroonde akteur het gespeel in van die mees suksesvolle flieks, waaronder James Bond, Cracker, Brave en Ocean’s Twelve. Hy word oorleef deur sy suster,  Annie Rae, sy kinders, Spencer en Alice, en hul ma, Rhona Gemmell.