Italianer het aappokke, MIV en Covid-19

‘n Italiaanse man is moontlik die heel eerste mens wat tegelyk gediagnoseer is met aappokke, Covid-19 en MIV. Die 36-jarige man is gediagnoseer na sy terugkeer van ‘n besoek aan Spanje. Hy het die dokter besoek met simptome soos koors, hoofpyn, moegheid en ‘n seer keel, asook ‘n paar groot knoppe. Mediese kundiges het gesondheidsowerhede gewaarsku om op die uitkyk te wees vir aappokke by pasiënte wat ook Covid-19 het. Die man het vroeër twee koronavirus-inentings ontvang.