Mar-a-Lago verklaring moet bekend gemaak word, sê regter

‘n Amerikaanse regter het opdrag gegee dat ‘n geredigeerde weergawe vrygestel word van die verklaring wat gebruik is om ‘n lasbrief te kry om oudpresident Donald Trump so woning in Florida te deursoek. Die lasbrief is vroeër die maand vrygestel saam met ‘n inventaris van items wat gevind is en toon dat elf stelle geklassifiseerde lêers van die perseel verwyder is. Volgens berigte sal die verklaring na verwagting inligting bevat oor die Departement van Justisie se ondersoek na Trump se ongemagtigde besit van staatsgeheime by Mar-a-Lago, wat moontlik aanklagte tot gevolg kan hê.