Ongwediva Handelskou skop vandag af

Die hekke vir die Ongwediva Handelskou is oop. Die skou kon die afgelope twee jaar nie weens die Covid-pandemie plaasvind nie. Altesaam 361 plaaslike en buitelandse uitstallers sal deelneem in vergelyking met die 450 uitstallers in 2019. Buitelandse uitstallers is van lande soos Suid-Afrika, Zimbabwe, Botswana, Ghana en Japan. Die handelskou is ‘n goeie ekonomiese inspuiting vir Ongwediva en die noordelike streke. Ongwediva se woordvoerder, Jackson Muma, sê die handelskou kan ook aanlyn gevolg word.