Italiaanse boer verskyn op klag van brandstigting

‘n Italiaanse boer moet in die hof verskyn na hy in hegtenis geneem is vir beweerde brandstigting te midde van die onlangse wegholbrande in die suide van Europa. Die man is gevang nadat kenners die ontstaanpunt van brande in die Campania-streek bepaal het. Versteekte kameras is aangebring en het die 50-jarige man betrap waar hy na bewering opsetlik ‘n brand begin het. Internasionale media berig verskeie brande woed steeds elders in Italië.