Israelse maatskappy spioeneer, maar vir wie?

‘n Reuse data-lekkasie het 50-duisend telefoonnommers blootgestel as moontlike teikens van die Israelse waarnemingsmaatskappy, die NSO-groep. Dit sluit staatshoofde, aktiviste en joernaliste in. The Guardian en 16 ander media-organisasies het die ondersoek gedoen. Indien die NSO se Pegasus-spioenware ongemerk op slagoffers se telefone geïnstalleer word, gee dit die aanvaller volledige toegang tot alle boodskappe, e-posse, mikrofoon, kamera, oproepe en kontakte op die apparaat. NSO ontken enige ongerymdhede en sê die sagteware is bedoel vir gebruik teen misdadigers en terroriste.