Grenssluitings, geweld kan impak op goedere hê

Die tydelike sluiting van die Noordoewer grenspos oor die naweek het reaksie ontlok van die vervoerbedryf in die land. Die sluiting het ongeveer 12 uur lank geduur. Stefan Terblanche, kenner van die vervoerbedryf, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy verstaan nie waarom ‘n internasionale grenspos so lank moet sluit nie.

Hy het ook gesê dat hy nie onnodige paniek wil veroorsaak nie, maar daar kan dalk ‘n tekort aan goedere in Namibië wees as gevolg van die grenssluitings en die voortslepende krisisse in Suid-Afrika.