Beurtkrag pootjie pluimvee-produsent

Astral Foods in die buurland sê weens beurtkrag sukkel hy om tred te hou met die vraag na hoender by kitskosrestaurante. Die pluimvee-produsent erken dat hy probleme ondervind met die voorsiening van hoender. Dit volg nadat verskeie KFC-winkels hul deure tydelik gesluit het te midde van hoendertekorte. Die bedryfs-ontwrigtings weens beurtkrag by die maatskappy word op 126 miljoen Suid-Afrikaanse rand geraam vir die boekjaar wat in September geëindig het. Die uitvoerende hoof, Chris Schutte, sê die groep verwag intussen dat marktoestande verder sal versleg te midde van die algemene verval van munisipale infrastruktuur. Hy sê dit het duurder geword om hoender in die land te produseer.